Begin Inheems
R175.00 incl. VAT
Hierdie boek gee ‘n vars, praktiese blik op inheemse tuinmaak, of jy nou geleidelik uitheemse plante met inheemses wil vervang, of van voor af wil begin en volledig op inheemse plante wil fokus. Begin inheems is die resultaat van die skrywer se besef dat inheemse plante baie minder werk as uitheemse plante inhou, in die algemeen minder water nodig het, en beslis byna geen chemiese kunsmis wil hê nie, geen insekdoders vereis nie, en heelwat minder kos omdat jy nie die plante in jou tuin kort-kort hoef te vervang nie. Dit sal jou oortuig dat inheemse plante alles behalwe vervelig, kleurloos, stadiggroeiend en onnet is.