skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Regdoen Regmaakgids, Die

R110.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Selfhelp
Author: Lindie Metz
Dimensions: 245 x 171 mm
ISBN: 9781875001767
Format: Softcover
Pages: 160

Daars oorlewingsgidse vir enigiets van kampeer tot hoe om jou menopouse te oorleef, maar niks wat jou vertel hoe om die alledaagse lewe en alledaagse situasies te hanteer nie. Weet jy wat om te doen as jy skielik ’n hoop wasgoed in die gesig staar en nie die witgoed ’n subtiele kleurverandering wil laat ondergaan nie, of ’n saggekookte eier wil hê soos Ma dit gemaak het, of moet verhuis met die kleinste begroting denkbaar, wat dit in ’n doen-dit-selfprojek omskep, of in die middel van nêrens sonder enige hulp in sig ’n wiel moet omruil? Hierdie boek vertel jou alles wat jy moet weet om op jou eie te oorleef – van hoe om die beste kastrol vir jou kombuis te kies tot hoe om die beste omelet ooit te maak, of hoe om ’n koorsblaar in die kiem te smoor en ’n nuwe prop aan jou ketel te sit nadat jy vir jouself die perfekte Martini geskink het.

Alles is hier, gebaseer op praktiese ondervinding – al die alledaagse dinge wat jou ouers nooit tyd gehad het om jou te leer nie en wat deur geen ander boek in een volume gedek word nie. Dit bevat die basiese feite oor: karinstandhouding; elektrisiteit en toestelle; geldsake; kombuis, kook en braai; plante en tuinmaak; huisinstandhouding; kuier en etiket; self-medikasie en noodhulp; persoonlike veiligheid en verhuising.

Die regdoen-regmaakgids bevat die basiese feite oor karinstandhouding; elektrisiteit en toestelle; geldsake; kombuis, kook en braai; plante en tuinmaak; huisinstandhouding; kuier en etiket; self-medikasie en noodhulp; persoonlike veiligheid en verhuising. Dis ’n vermaaklike leeservaring propvol interessante en nuttige inligting vir elke mens op elke vlak van die samelewing, manlik of vroulik, jonk of oud.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.