skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Enigeen Kan Leerwerk Doen

R295.00 incl. VAT

Categories: Craft, New Release
Author: Geert Schuiling
Dimensions: 260 x 210 mm
ISBN: 978-1-928201-98-4
Format: Flexi-binding
Pages: 160

Leerwerk is een van die tradisionele handwerksoorte wat tans ’n oplewing beleef. Hierdie boek is ’n uitstekende gids vir dié gewilde, eeue-oue kuns. Enigeen kan aantreklike leeritems met ’n professionele afwerking maak deur ’n handjievol basiese tegnieke te bemeester. Die skrywer lei jou om met enige van ’n groot verskeidenheid leersoorte, enkele gereedskapstukke en die volledige patrone in die boek pragtige en funksionele handgemaakte sakke, bykomstighede, geskenke en dekoratiewe items vir jou huis te skep.
Die 50 oorspronklike projekte is tydloos en prakties, en gedetailleerde aanwysings met stap-vir-stap foto’s sal verseker dat jy alles self kan nadoen. Lieflike volbladfoto’s van die voltooide projekte sal jou inspireer om sommer dadelik weg te spring. Die boek se inhoud sluit die volgende in:
• kies van materiaal en gereedskap
• sleuteltegnieke soos kleur, sny, gate pons, en afkanting
• steke wat vir die projekte gebruik is
• invoeg van ritssluiters
• afwerking van buitesakke en stroke
• meer as 50 patrone vir projekte, met variasies
• projekte wat wissel van eenvoudige beursies, oorringe en armbande tot ’n drasak vir hout, ’n oornagsak, ’n rugsak en ’n elegante poef.

Beginners kan met ’n eenvoudige sleutelhouer wegspring en stelselmatig vorder na die maak van belde, beursies en sakke, terwyl meer ervare leerwerkers inspirasie sal put uit die oorspronklike eietydse ontwerpe.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.