skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Foto Stories

R175.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Craft
Author: Retha van der Walt
Dimensions: 193 x 210 mm
ISBN: 9781920268459
Format: N/A
Pages: 144

Fotoplakguru Retha van der Walt, samesteller van die gewilde TV-program Fotostories op KykNet, demonstreer die top 12 fotoplakwerktegnieke – almal met illustrasies en duidelike stapsgewyse foto’s. Elke tegniek word gevolg deur ’n verskeidenheid treffende voorbeelde van die gebruik daarvan in bladuitlegte geskep deur beide Retha en ’n indrukwekkende versameling plaaslike en internasionale medewerkers wat die room van die fotoplakkerswêreld verteenwoordig.

Van die tegnieke wat beskryf word, sluit kreatiewe matwerk, weefwerk, veroudering en mini-albums in en elkeen is vergesel van ’n volledige lys van benodigdhede. Gedetailleerde beskrywings en duidelike volbladfoto’s van elke uitleg bied vir die leser ’n inspirasiefees vol bykomende inligting en idees. ’n Kort, maar insiggewende inleiding fokus op die hoofelemente van fotoplakwerk en sorg dat die fotoplakker sukses sal kan smaak met slim ontwerp-, fotografie-, joernaal- en gereedskapwenke. Meer as 300 foto’s maak van hierdie boek ’n visuele viering van fotoplakwerk en onmisbare toevoeging tot enige fotoplakkersboekrak!

Bydraers: Melody Ross, Christy Tomlinson, Margie Romney-Aslett, Teresa Collins, Layle Concar, Lauren Ferguson, Vanessa van der Veen, Michelle da Souza en Eugenie Horn.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.