skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Kinders Moet Oumas En Oupas He

R145.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Parenting
Author: Anne Cawood
Dimensions: 245 x 171 mm
ISBN: 9781920268329
Format: Softcover
Pages: 160

… dit betree net ’n nuwe en opwindende fase. In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self ’n ouma van etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel ’n geweldige groot rol in die lewens van die nuwe generasie – hulle eie kinders sowel as hulle kleinkinders s’n. Selfs in die hedendaagse wêreld van tegnologiese ontwikkeling, oombliklike kommunikasie en blitsreise, is daar eenvoudig niks wat die sorg, liefde en ondersteuning van die uitgebreide gesin kan vervang in die lewensiklus waar grootouers die allerbelangrike skakel tussen die verlede en die toekoms vergestalt nie.

Hierdie boek is gemik op alle grootouers, of enigiemand wat hierdie uiters belangrike rol in ’n kind se lewe vervul. Dit bied leiding en ondersteuning om grootouers insig te gee in die lewens van kinders in die 21ste eeu, en bevat talle wenke en inligting oor waardevolle vaardighede en positiewe strategieë om hulle kleinkinders te hanteer en geniet. So kan hulle steeds betekenisvolle lewens lei wat aan hul eie behoeftes voldoen, en hulle welverdiende vryheid en onafhanklikheid koester.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.