skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Koester Jou Baba

R150.00 incl. VAT

Categories: Bestseller, Parenting
Authors: Megan Faure, Ann Richardson
Dimensions: 245 x 171 mm
ISBN: 9781920268657
Format: Softcover
Pages: 160

Dit is reeds in verskeie tale vertaal en is in 2008 en 2009 met die internasionale prestige-toekenning (VK se Praktiese Voorskoolse Toekenning: Goud) bekroon. Met 100 000 kopieë in druk het die tyd vir ’n herdruk aangebreek. Die boek se toeganklike styl en die fokus op baba se slaap, kalmte en ontwikkeling word steeds in die nuwe uitgawe bespreek maar die outers Meg Faure en Ann Richardson het ook die teks bygewerk om die jongste navorsing in te sluit en ma’s en professionele persone se vrae en versoeke te beantwoord.

Wat is nuut?
• 
Hoekom babas verskil – hulle hanteer sensoriese inligting verskillend wat hul persoonlikhede beïnvloed en die manier waarop hulle op hul nuwe wêreld reageer.
• Hoe ouers hul baba kan help om kalm-tevrede te bly.
• Meer inligting oor die verhouding tussen moegheid en huil.
• Borsvoeding word in baie meer detail bespreek.
• ’n Uitgebreide afdeling oor koliek, hoekom jong babas huil en hoe om koliek stap-vir-stap te hanteer.
• ’n Bygewerkte masseer-afdeling wat op nuwe teorieë oor die verskillende masseertegnieke gebaseer is.
• Nageboortelike depressie is volledig bygewerk en geherdefinieer volgens huidige denkrigtings.
• Die konsep van peri-natale nood word verduidelik.

Die nuwe uitgawe van Koester jou Baba sal beslis so gewild soos altyd wees onder ouers omdat dit praktiese oplossings vir algemene babakwessies bied. Tog sal die nuwe inligting ouers ekstra insigte gee om hul babas se sensoriese behoeftes selfs beter te hanteer.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.