skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Maak Gelukkige Kinders Groot

R170.00 incl. VAT

Categories: Parenting, Popular
Author: Lizanne du Plessis
Dimensions: 244 x 170 mm
ISBN: 9781928201175
Format: Softcover
Pages: 160

Ouerskap in die 21ste eeu is opwindend, uitdagend en veeleisend. Ons weet nou meer as ooit tevore oor hoe kinders se brein ontwikkel en dit het ’n ingrypende uitwerking op hoe ons hulle grootmaak. Kinders ontwikkel sterk breinverbindings en voel gelukkig wanneer hulle leer om hul liggaam te beheer, oorweldigende gevoelens in toom te hou en hul denkvaardighede te ontwikkel. Sommige doen dit makliker as ander. Daarom is daar nie één benadering tot ouerskap wat vir almal geld nie.

Maak gelukkige kinders groot is vol voorbeelde en vergelykings wat jou sal help om die volgende te verstaan:
• Wat in jou kind se ontwikkelende liggaam en brein gebeur;
• Jou kind se ware temperament en hoe dit die manier waarop hy dink, voel en beweeg, beïnvloed.

Daar is talle voorbeelde van speletjies wat jy met jou kind kan speel tydens julle daaglike interaksie. Lizanne gee ook stap-vir-stap voorstelle om algemene ouerskapuitdagings te hanteer, byvoorbeeld:
• Ineenstortings
• Woede-uibarstings
• Vrees, angstigheid en stres.

Wanneer jy jou unieke kind verstaan, kan jy gepaste perke stel en roetines en rituele instel wat ’n kalm, gelukkige en diep verbonde gesin sal verseker.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.