skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Moderne Borduurkuns

R110.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Needle Craft
Author: Anita Plant
Dimensions: 260 x 193 mm
ISBN: 9781875001729
Format: Softcover
Pages: 112

Borduurwerk is eeue lank gebruik om gewone huishoudelike items te versier – van teemusse en lakens tot handdoeke en monogram-servette. In ons gejaagde samelewing vandag voer massaproduksie die botoon en het borduurwerk ietwat van ’n verlore kuns geword. Hierdie boek bied ’n vars blik op borduurkuns en verskaf oorspronklike idees vir eietydse, loslit-ontwerpe geïnspireer deur sulke uiteenlopende dinge soos graffiti op stadsmure, kinderkuns en die natuur self.

Die uitgebreide inleiding bespreek praktiese aspekte soos lap en garing, naalde, die oordra van ontwerpe, hoe om die items te maak en nog veel meer. Die steke word duidelik geïllustreer en is eenvoudig genoeg vir ’n groentjie om baas te raak.

Moderne borduurkuns bevat meer as 30 projekte – iets vir elke vertrek in die huis, van die babakamer tot die kombuis – met voorgestelde variasies om te wys hoe dieselfde basiese ontwerp gebruik kan word vir verskeie items met dieselfde tema. Daar is volledige aanwysings en patroonplate vir elke projek, met ’n pragtige kleurfoto van die voltooide item. Vrolike, vars idees vir geskenke en klere vorm ’n afsonderlike afdeling.

Hierdie boek wys jou bowenal hoe eenvoudig, dog treffend borduurwerk kan wees. Dit sal jou inspireer om jou eie ontwerpe te skep en die terapeutiese effek van borduurwerk te ervaar. So trek gerus naald en garing nader en borduur ’n nuttige gebruiksitem of gewaardeerde geskenk.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.