skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Speel Leer Slim

R230.00 incl. VAT

Categories: Bestseller, Parenting
Authors: Dr Melodie de Jager, Liz Victor
Dimensions: 260 x 210 mm
ISBN: 9781920479596
Format: Flexi-binding
Pages: 192

Kinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine ‘n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is ‘n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om komplekse vaardighede te ontwikkel. (Gemik op kinders tussen 3 en 7 jaar oud.)

‘n Kind moet die lewe ervaar om deel daarvan te word. Help jou kind só om die lewe deur haar daaglikse roetine te ervaar:
• benoem alles waaraan jy raak
• verduidelik wat om julle gebeur
• wys haar hoe dinge werk en
• gee haar hope geleenthede om te ontdek en te leer, te beweeg en vrae te vra.

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie – leer jou kind van kleins af om self die antwoorde te vind. Hierdie boek is nie ‘n afmerklys wat jy arbitrêr moet invul of voltooi nie. Dis ‘n padkaart om jou op jou kind se ontwikkelingspad te begelei. Daar is nie ouderdomsaanduidings nie, want elke kind ontwikkel teen haar eie tempo. ‘n Kind se ontwikkeling is nie ‘n resies wat gewen moet word nie. Dit is ‘n reis op pad na skoolgereedheid waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings beleef moet word.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.