skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Tuinmaak Met Eiegoed

R175.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Gardening
Authors: Anna Celliers, Tanya Visser
Dimensions: 260 x 210 mm
ISBN: 9781920268534
Format: Softcover
Pages: 144

Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in.

Die boek is ’n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieël hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil hê, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak.

Hierdie gedugte span wil nie hê jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante.

Tuinmaak met eiegoed is ryklik geïllustreer met pragfoto’s uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is ’n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.