skip to Main Content
021 913 7557 info@metzpress.co.za

Wanneer Jou Seëninge Nie Tel Nie

R145.00 incl. VAT

Categories: Backlist, Selfhelp
Author: Linda Lewis
Dimensions: 245 x 171 mm
ISBN: 9781920479053
Format: Softcover
Pages: 160

Hierdie boek – geskryf deur ‘n sielkundige wat nie net in nageboortelike distres (NGD) spesialiseer nie, maar ook daaraan gely het – draai nie doekies om nie. NGD kom al meer voor en daar word gereken dat tot een uit elke drie vroue daardeur geraak word. Dit kan enigeen tref, ongeag ouderdom, ras, en sosiale, ekonomiese en gondsdienstige agtergrond.

Maar al is dit vernietigend en belemmerend, kan NGD oorkom word. Linda Lewis bemagtig haar lesers met pertinente inligting en wyse raad gebaseer op haar uitvoerige navorsing asook die lêers van die talle vroue wat berading by haar ontvang het. Sy deel haar eie angswekkende ervaring van NGD met jou, met dié kragtige boodskap: jy kan van NGD herstel.

Leer hoe om:
• Die vreugde en lewenslus wat jy dink jy vir altyd verloor het, terug te kry;
• Simptome te herken en te verstaan wat met jou gebeur ;
• Die skaamte en wanopvattings hok te slaan;
• Langtermynprobleme te voorkom; en
• Jou gevoelens aan jou geliefdes te verduidelik sodat hulle jou die onderskraging kan gee wat jy so nodig het om hierdie uitmergelende toestand te oorkom.

Met sy hope positiewe voorstelle wat uit persoonlike ervaring gebore is, is hierdie boek waarlik ‘n onmisbare hulpmiddel op die pad na herstel.

Close search

Cart

Back To Top
×Close search
Search
Cart Item Removed. Undo
  • No products in the cart.