Wenke Vir Die Klein Tuin
R145.00 incl. VAT
Sluit vyf volledig geïllustreerde oorspronklike tuinplanne in! Hierdie boek is geskryf deur een van die land se mees produktiewe en talentvolle tuinskrywers en is die ideale gids vir enigeen wat in ’n beperkte ruimte wil tuinmaak. Dit spog met ’n oorvloed van die skrywer se pragfoto’s van tuine vanoor die hele land, oorspronklike planne vir verskeie klein tuine en ’n uitgebreide plantlys.
Of jy nou na ’n oorvloed blomme smag, ’n tuin wat min onderhoud verg, ’n speelplek vir kinders of ’n veelsydige ontspanningsarea – noukeurige beplanning is noodsaaklik om die plek wat jy tot jou beskikking het ten beste te benut. Hierdie boek is ’n waardevolle bron van inligting met ’n magdom wenke en praktiese raad wat jou sal help om al die sooi net reg te spit!